Heldedig van Gilgamesj


Heldedig van Gilgamesj
’n Deel van die Heldedig van Gilgamesj in Akkadies uit die Biblioteek van Assurbanipal. Britse Museum.
’n Deel van die Heldedig van Gilgamesj in Akkadies uit die Biblioteek van Assurbanipal. Britse Museum.
Taal Oorspronklik Sumeries
Beskrywing
Skryfwerk Op klei
Geskep/ontstaan c. 2100-1200 v.C.
Ontdekking
Plek ontdek Mesopotamië
Kultuur Derde Dinastie van Ur

Die Heldedig van Gilgamesj is ’n epiese gedig uit antieke Mesopotamië. Dit dateer uit die Derde Dinastie van Ur (omstreeks 2100 v.C.) en word dikwels beskou as die eerste groot letterkundige werk.[1] Die letterkundegeskiedenis van Gilgamesj begin met vyf Sumeriese gedigte oor "Bilgamesj" (die Sumeries vir Gilgamesj), die koning van Uruk. Dié onafhanklike stories is later saamgevoeg as een heldedig. Die eerste weergawe wat behoue gebly het, bekend as die "Oud-Babiloniese weergawe", dateer van die 18de eeu v.C.. Net ’n paar kleitablette daarvan bestaan nog. Die latere "standaardweergawe" dateer van die 13de tot 10de eeu v.C. Sowat twee derdes van dié langer weergawe (12 tablette) is al ontdek: van die beste eksemplare in die ruïnes van die Biblioteek van Assurbanipal uit die 7de eeu v.C.

  1. Keys, David (16 November 1998). "First lines of oldest epic poem found". The Independent (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 20 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search